Stef Bos

Stef Bos - Verjaardagslied songtekst

Je score:
Veels geluk liewe maatjie
Omdat jy verjaar
Mag die Here jou seën en
Nog baie jare spaar
 
Kom ons drink nog ‘n bottel
En ons huil na die maan
En ons dans sonder sorge
Op hierdie vulkaan
 
Want hierdie land is nie die hemel
En al kak ons soms af
Ons sal kuier tot die einde
Ons sal sing tot in die graf
 
Moenie huil nie      
Moenie treur nie
Daar‘s ‘n nuwe dag voor elkeen wat jy verloor
Moenie huil nie      
Moenie treur nie
Kyk noord
Gaan
Voort
 
Daar’s elke dag weer koerante
Wat ons stories vertel
Van korrupsie en misdaad
Wat ons almal ontstel
 
Ja die herder het die land hier
Vir ‘n ruk sommer gelos
En nou loop ons soos skapies
In die nag verlore in die bos
 
Maar vandag skyn die son
En die berge lê blou
En jy moet weet daar‘s baie mense
Baie lief vir jou
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: stef bos

Componist: stef bos

Publisher: ?

Details:

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Kaalvoet (2015)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden