Stef Bos
Stef Bos - Tydbom songtekst
Je score:
Ek ry in my kar Deur die vlakte in die kaap Die son skyn oor die see By Gordonsbaai Ek sien waar ek kyk Die gesigte van die land Ek sien langs die pad Hoe die veld brand Die struggle is verby Die nuwe tyd is lankal daar Maar die rykes word ryker En die armes kry swaar En ek sien op die teerpad Na muizenbergstrand Die shacks van Khayelitsha En die plakkerskamp En ek hoor die tydbom tik Tik tik tik tik Die tydbom tik Die rook hang bo Langa Die vliegtuie styg op En 'n swart man by die robot Wil my 'n sonbril verkoop Wat gaan aan in sy kop En wat dink hy oor my Want daar was so baie beloftes Maar wat het hy gekry En ek sou hom wil vra Wie hy is hoe hy leef Maar die robot raak groen En my kar moet beweeg En die kaap lyk so mooi In die somerson En die wind is so stil dit voel asof daar 'n storm gaan kom En ek luister na musiek En tap my vingers op die stuurwiel Tik, tik, tik Die tydbom tik Die tydbom tik En die kleure van die reënboog Weggespoel deur die geweld Die diktatuur van toe Is nou die diktatuur van geld Die ideale word verkoop Die kapitaal is aan die mag Steve Biko is moeg en Draai homself om in sy graf Want wat hy sien Maak hom siek Die tydbom tik Die tydbom tik Jy kan 'n fok voel vir die toestand In hierdie land Maar jy kan ook 'n brug bou Na die ander kant Jy kan na die TV kyk Tot die oggendlig Jy kan jou oë sluit Met 'n sepie of 'n fliek Die tydbom tik Tik tik tik Die tydbom tik Ek ry in my kar Deur die vlakte in die kaap Die son skyn oor die see By Gordonsbaai Ek sien waar ek kyk Die gesigte van die land Ek sien in die verte Sien in die toekoms Hoe die land gaan brand Sien hoe die land gaan brand Die Tydbom, die tydbom tik