Sias Reinecke

Sias Reinecke - Sproetjies songtekst

Je score:

Over deze songtekst:

Daai liedjie is ook gesing deur ´n vlaamse sangeres, Dana Winner:
nl/120-41/dana-winner/biografie.html

Daar's 'n park in my tuisdorp ver weg van die stad se lawaai.
Waar die kinders na skool in die middae kom speel en baljaar.
En eendag sien ek 'n klein dogtertjie, eenkant alleen.
Met traantjies wat rol oor haar sproet gesiggie heen.

En ek sê:
"Sproetjies, liefling daar's 'n reënboog in jou oë.
Wil jy graag 'n groot geheim hoor, almal wil graag soos jy wees.
Want jy's pragtig , lieflik" , en sy druk saggies my hand.
En sê: "Ek wens ek kon my deur jou oë sien."

Al die somers en winters is nou reeds so lankal verby.
En die glimlag van jonk wees verberg soms 'n ou hartseer pyn.
En eendag sien ek sproetjies weer en my oë staar verdwaas.
Want die lelike eendjie verander in die mooiste swaan.

En ek sê:
"Sproetjies, jy's pragtig".
En sy druk saggies my hand.
En sê: "Ek wens ek kon my deur jou oë sien."

Ek gaan by die skouburg een aand na 'n opvoering kyk.
En daar dans 'n meisie wat net soos 'n feeprinses lyk.
Met 'n glimlag so stralend begroet sy die hele gehoor.
Ek sien toe die sproetjies wat harte so bekoor.

En ek sê:
"Sproetjies, liefling , daar's 'n reënboog in jou oë.
Onthou jy nog die parkie, en die trane in jou oë.
Sproetjies, jy's pragtig." En ek hou haar teen my vas.
Sy sê: "Ek wens ek kon my deur jou oë sien."

"Ek wens ek kon my deur jou oë sien".
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Decibel

Details:

Uitgegeven in: 1994

Taal: Afrikaans

Gecovered door: Dana Winner (2003)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden