Riana Nel
Riana Nel - Dik en dun songtekst
Je score:
Jy, wat die deure so toe klap, elke keer as jy weg stap Jy weet jy maak nie reg En ek, ek kan somtyds so stil raak as die dinge te veel raak Ek weet ek maak nie reg Maar ons verloor mekaar elke keer net voor jy weg stap So dink bitter mooi voor jy praat Kry my daar waar ons deur die dik en die dun by mekaar kom En my hart weer ´n pad na jou hart deur die trane vind Wys my waar die goed en die kwaad mekaar by die hand vat En jou hart weer ´n pad na my hart deur die jare vind Waar die liefde weer begin, deur die dik en dun Jy, wat al my swakhede miskyk en my met niemand vergelyk En dit maak alles reg En ek, ek kan somtyds so twyfel, gelukkig het ons die Bybel En dit maak alles reg Want ons verstaan mekaar, want ons weet nou om te luister Jy's bitter mooi as jy kwaad is Kry my daar waar ons deur die dik en die dun by mekaar kom En my hart weer ´n pad na jou hart deur die trane vind Wys my waar die goed en die kwaad mekaar by die hand vat En my hart weer ´n pad na jou hart deur die jare vind Waar die liefde weer begin, deur die dik en dun Haal diep asem al maak dit nou nie sin Haal diep asem, vat my terug na die begin Kry my daar waar ons deur die dik en die dun by mekaar kom En my hart weer ´n pad na jou hart deur die trane vind Wys my waar die goed en die kwaad mekaar by die hand vat En my hart weer ´n pad na jou hart deur die jare vind Waar die liefde weer begin, deur die dik en dun Waar die liefde weer begin, deur die dik en dun