Nádine
Nádine - Nege lewens songtekst
Je score:
Ek kook nie meer vir twee, Die ander glas staan leeg, Gehoor jy't aanbeweeg, Dit maak my binne seer, Die aande kouer nou, Die kussing ruik na jou, Gebreek wat ons gebou het. Die laaste van my krag is weg, Ek's moeg en seer na die geveg, Wat jy gedoen het was nie reg. My nege lewens het jy almal weggeneem, Die seerste van hul almal was die laaste een, Dit staan daar uitgegrawe in my graf se steen, Ek gaan in vrede heen. Oh, oh Ek skeur die briewe op, Probeer die trane stop, Kry jou nie uit my kop, Ek hou die deur nog dop. Die laaste van my krag is weg, Ek's moeg en seer na die geveg, Wat jy gedoen het was nie reg. My nege lewens het jy almal weggeneem, Die seerste van hul almal was die laaste een, Want ek het nie net tydelik my hart geleen, Ek't hom gegee vir jou. My nege lewens het jy almal weggeneem, Onthou nog al die trane na die laaste een, Dit staan daar uitgegrawe in my graf se steen, Ek gaan in vrede heen. Hmmm, hmmm Die laaste van my krag is weg.. Ek's moeg en seer na die geveg.. Wat jy gedoen het was nie reg.. My nege lewens het jy almal weggeneem, Die seerste van hul almal was die laaste een, Want ek het nie net tydelik my hart geleen, Ek't hom gegee vir jou. My nege lewens het jy almal weggeneem, Onthou nog al die trane na die laaste een, Dit staan daar uitgegrawe in my graf se steen, Ek gaan in vrede heen. Hmmm, ek gaan in vrede heen.