Lizandra Winter

Lizandra Winter - Die begin songtekst

Je score:
Ek wil nie lewe vir eendag nie, dit
steel die skoonheid uit nou
Ek wil die oomblik vasgevang hou

Wat beteken die prag van hierdie uitsig as môre daaroor hang? 
Ek wil net hier wees in nou

So laat die tyd stil staan!
Laat die tyd stil staan!

Kry my weer by die begin
Laat die tyd ’n nuwe storie bring en ek myself verloor daarin
Skeur die blaaie uit my lewensboek
Laat my die rus vind wat ek soek
Gestroop van al my wêreldgoed

Dis ’n gejaag om die leemtes te vul, voor jy terugkeer na stof
Ons is so bang om stil te wees
Daar is soveel geheime wat ek miskyk
As my fokus verskuif na die goed wat geld kan koop

So laat die tyd stil staan!
Laat die tyd stil staan!

Kry my weer by die begin
Laat die tyd ’n nuwe storie bring en ek myself verloor daarin
Skeur die blaaie uit my lewensboek
Laat my die rus vind wat ek soek
Gestroop van al my wêreldgoed

Kry my weer by die begin
Laat die tyd ’n nuwe storie bring en ek myself verloor daarin
Skeur die blaaie uit my lewensboek
Laat my die rus vind wat ek soek
Gestroop van al my wêreldgoed
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: ?

Details:

Uitgegeven in: 2017

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Lizandra Winter (2017)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden