Liza Brönner

Liza Brönner - Asem jou in songtekst

Je score:
Ek onthou ons skooldae
Ons was jonk en verlief, verlief op mekaar
Ons het planne gehad oor hoe ons saam sal oud word
Nou's jy bietjie ouer, jy's mooier vir my
Die tyd gaan so gou, so gou verby
Wens ek kon 'n oomblik verander in 'n leeftyd, saam met jou

Asem, ek asem jou in
Vat my terug na die begin en wys weer wat liefde is
Onthou jy, onthou jy hoe dit voel?
Ek maak my oë toe
En ek asem jou in

Jare vir nou sal ek bly by jou
Aan jou sy waar jy my styf vashou
En stories vertel oor die dae toe ons nog jonk was
Ek sal my hare vleg en ook dalk brille dra
Ons sal nog lief wees, baie lief vir mekaar
Lag en gesels oor die dae toe ons nog jonk was
Maar vir nou

Asem, ek asem jou in
Vat my terug na die begin en wys weer wat liefde is
Onthou jy, onthou jy hoe dit voel?
Ek maak my oë toe
En ek asem jou in

Jy's die lewe hier binne my
Die een by wie ek my asem kry
En my lewe, my liefde, my hart behoort net aan jou

Asem, ek asem jou in
Vat my terug na die begin en wys weer wat liefde is
Onthou jy, onthou jy hoe dit voel?
Ek maak my oë toe
En ek asem jou in

Ek asem jou in
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: ?

Details:

Uitgegeven in: 2013

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Jy het my gevind (1) CD (2013)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden