Lienka
Lienka - Londen songtekst
Je score:
Dis laat in die aand As ek by Leyden stasie afklim Gatvol gewerk vir 'n pond of twee My graad maak nie eintlik saak nie Ek werk om dit af te betaal Heeltyd hoor ek die grinnik van mammon in my oor Refrein: Hoeveel keer, hoeveel dae hoeveel jaar wou ek al hier weggaan Londen, hoeveel keer, hoeveel dae, hoeveel jaar, alles net agterlaat! My ma en pa bel elke sondagaand As hulle maar net weet wat tussenin gebeur Die wêreld die is hard, dis maar elkeen vir homself Ek voel hoe ek stadig deel word van hierdie gryse ou stad Refrein: Hoeveel keer, hoeveel dae Hoeveel jaar wou ek al hier weggaan Londen, hoeveel keer, hoeveel dae, Hoeveel jaar, alles net agterlaat! Die ander dag kom die paspoort in die pos Dis 8 jaar later, ek kan nou maar hier bly My ma en pa bel nie meer gereeld Sê ek's die verlore kind in 'n ander man se land Refrein: (2x) Hoeveel keer, hoeveel dae Hoeveel jaar wou ek al hier weggaan Londen, hoeveel keer, hoeveel dae, hoeveel jaar, alles net agterlaat?