Len Muller
Len Muller - Sterrewals songtekst
Je score:
Ek het jou geken voor ons ontmoet het Die kleur van jou oë, die klank van jou lag Jy het my geken met al my letsels Maar ek was genoeg vir jou en jy ook vir my Ek't gesing, jy't gedans, die aande was lank Met vriende en liggies, die stad ken ons name Dan draai ons en swaai ons tot vroeg oggend groet Jy't gesê ek's jou wyn en jy is my bloed Ek sou die wêreld vul met liedjies oor jou Jy sou vir altyd dans op die groot verhoog Ons huis is klein en daar's geen wasgoedlyn Maar ek het jou hart gevat en myne verloor Ek't gesing, jy't gedans, die aande was lank Met vriende en liggies, die stad ken ons name Dan draai ons en swaai ons tot vroeg oggend groet Jy't gesê ek's jou wyn en jy is my bloed En ek soen jou onder die wilgerboom waar die sterre oor ons wals Jy weet ek wou alles vir jou gee Ek soen jou onder die wilgerboom waar die sterre oor ons wals Jy weet ek wou alles vir jou gee Ek raak skaars ’n snaar en jy het ophou dans Ons droom van ’n ander tyd waar al ons drome leef