Juanita du Plessis

Juanita du Plessis - Lief vir jou songtekst

Je score:
Jy’t jou hele hart aan my toevertrou
Dis die mooiste geskenk tussen my en jou
En ek sal alles doen om jou gelukkig te maak
Jy hoef nooit te wonder hoe ek voel
Want my hele hart is vir jou bedoel
Ek wil hê die hele wêreld moet weet

Oor die wye vlaktes oor die kranse wat ´n antwoord gee
Na die hoogste hemel wil ek skree
Ek is lief vir jou, so lief vir jou
Mag elke eggo jou herinner dat jy nooit vergeet
Mag jy onthou en altyd weet
Ek is lief vir jou, so lief vir jou

Ons sal nooit kan weet wat môre bring
Maar dis ´n lewenslied wat ons saam kan sing
Kom ons gaan haal elke ster wat wink
Ek sal dit elke dag sê dat jy dit hoor
Want sonder jou by my bly niks meer oor
Ek wil hê die hele wêreld moet weet

Oor die wye vlaktes oor die kranse wat ´n antwoord gee
Na die hoogste hemel wil ek skree
Ek is lief vir jou, so lief vir jou
Mag elke eggo jou herinner dat jy nooit vergeet
Mag jy onthou en altyd weet
Ek is lief vir jou, so lief vir jou

So lief vir jou

Oor die wye vlaktes oor die kranse wat ´n antwoord gee
Na die hoogste hemel wil ek skree
Ek is lief vir jou, so lief vir jou
Mag elke eggo jou herinner dat jy nooit vergeet
Mag jy onthou en altyd weet
Ek is lief vir jou, so lief vir jou
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: ?

Details:

Uitgegeven in: 2015

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Toe staan die wêreld stil (2015)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden