Juanita du Plessis

Juanita du Plessis - In die hemel songtekst

Je score:
Ek weet jy wonder soms hoekom dinge moet gebeur
En ek weet jy't baie vrae en jou hart is baie seer
Ek weet my plek is leeg langs jou, ek sal altyd by jou wees
As jy na my verlang, onthou, ek is by jou in die gees

My tyd op aarde is verby
My lewe was afgemeet
En ek weet jy moet agterbly
Maar ek sal jou nooit vergeet

Ek is nou in die hemel
En ek wil nêrens anders wees nie
Want hier is ek gelukkig
Hier kry ek nooit meer seer nie
Ek is nou in die hemel
En my hart is daar by jou
Nou is ek die engel wat sy vlerke om jou hou

Ek sien jou trane elke dag, ek wens ek kon dit afdroog
Ek wil nie hê jy moet huil nie, kyk, ek is daar in die reënboog
Hier sal ek altyd wag vir jou, hier in ons hemelhuis
Ek hoop jy volg die regte pad, tot hier by die kruis

My tyd op aarde is verby
My lewe was afgemeet
En ek weet jy moet agterbly
Maar ek sal jou nooit vergeet

Ek is nou in die hemel
En ek wil nêrens anders wees nie
Want hier is ek gelukkig
Hier kry ek nooit meer seer nie
Ek is nou in die hemel
En my hart is daar by jou
Nou is ek die engel wat sy vlerke om jou hou

Nou is ek die engel wat sy vlerke om jou hou
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Maroela Musiek

Details:

Uitgegeven in: 2008

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Altyd daar (2008)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden