Juanita du Plessis
Juanita du Plessis - As Vandag My Laaste Dag Is songtekst
Je score:
As die son in die oggend opkom, en die wêreld vir my sing As my hart nog klop hier binne my, nog 'n dag van lewe bring Bly ek wonder, wat as vandag my laaste dag is? Die lewe maak soms draaie, wat niemand kan verstaan Vandag is jy hier, maar as more kom is dit dalk tyd om te gaan En ek wonder, wat as vandag my laaste dag is? Ek sal lewe, dieper liefhê, elkeen na aan my net 'n rukkie langer vashou Ek sal vergewe, tot aan die einde, en met vrede in my hart my oë wil toemaak As vandag my laaste dag is Elke uurglas loop tog iewers leeg, elke lewe het 'n lyn Het ek genoeg gesê, het ek genoeg gewys of sal my spore gou verdwyn Ek bly wonder, wat as vandag my laaste dag is? Ek sal lewe, dieper liefhê, elkeen na aan my net 'n rukkie langer vashou Ek sal vergewe, tot aan die einde, en met vrede in my hart my oë wil toemaak As vandag my laaste dag is... Elke hartklop, elke asem, dis net vir my geleen Elke oggend as ek wakker word, weet ek dis seën En ek belowe sag, as dit vandag my laaste dag is Sal ek sal lewe, dieper liefhê, elkeen na aan my net 'n rukkie langer vashou Ek sal vergewe, tot aan die einde, en met vrede in my hart my oë wil toemaak As vandag my laaste dag is As vandag my laaste dag is As vandag my laaste dag is