Juanita du Plessis

Juanita du Plessis - Aanhou om aan te hou songtekst

Je score:
Ek sal net aanhou om aan te hou 
Nooit ophou aan my drome bou

Daar‘s ‘n doel vir my lewe
Ek is hier vir ‘n rede
Ek‘s gebore om iemand te wees

Die somer seën my
Die winter leer my
Deur die bitter en die soet word ek sterker

Al kan ek soms nie verstaan nie waarheen my paaie gaan nie
Sal ek nooit gaan lê

Ek sal net aanhou om aan te hou 
Nooit ophou aan my drome bou
Wil lewe, lewe, vir elke oomblik
Tot aan die einde
Hou my spore vorentoe
Hou my oë net boontoe

Swewe, swewe, hoog daar bo
En aanhou om aan te hou, aanhou om aan te hou

Soms gee ek ‘n tree terug
Maar ek bly net geduldig
Want ek weet my krag lê in stilwees 
As die tyd weer reg is
En my kragte genoeg is
Sal daar niks wees wat my hart se rigting keer

Al kan ek soms nie verstaan nie
Waarheen my paaie gaan nie
Sal ek nooit gaan lê

Ek sal net aanhou om aan te hou 
Nooit ophou aan my drome bou
Lewe, lewe, vir elke oomblik
Tot aan die einde

Hou my spore vorentoe
Hou my oë net boontoe

Swewe, swewe, hoog daar bo
En aanhou om aan te hou

Vorentoe, aanhou om aan te hou

Ek sal net aanhou om aan te hou 
Nooit ophou aan my drome bou
Lewe, lewe, vir elke oomblik
Tot aan die einde

Hou my spore vorentoe
Hou my oë net boontoe

Swewe, swewe, hoog daar bo
En aanhou om aan te hou

Vorentoe,  aanhou om aan te hou
Aanhou om aan te hou
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Juanita Records / WOW Music Distribution

Details:

Uitgegeven in: 2015

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Toe staan die wêreld stil (2015)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden