Joe Foster

Joe Foster - In die reën vir jou songtekst

Je score:
Ek moet sê, ek ken die beste deel van jou
En dis jou hart, wat jy ook daar buite vinnig toe kan bou
Dis net sleg dat jy dit soms met my ook doen
Dit frustreer my wat ek doen kan jou nie aanraak nie

Want ek, ek staan in die reën vir jou
en vra jou: Sal jy vir altyd kan onthou?
Ek staan in die reën vir jou
want elke woord en noot en melodie
moet jy weet gaan net oor jou
Ek staan in die reën vir jou

Kan ek vra, dat jy ’n bietjie stil sal staan?
En net dink hoe groot jy jou hart vir ander oop kan maak
As jy wil, sal ek dan ook dieselfde doen
Want saam is ons steeds beter, beter as alleen

Want ek, ek staan in die reën vir jou
en vra jou: Sal jy vir altyd kan onthou?
Ek staan in die reën vir jou
want elke woord en noot en melodie
moet jy weet gaan net oor jou
Ek staan in die reën vir jou

Niks sal ons liefde kan vervang nie
Nie eers jou storms maak my bang nie
Jy moet weet ek sal jou hartseer vir jou dra

Ek staan in die reën vir jou
en vra jou: Sal jy vir altyd kan onthou?
Ek staan in die reën vir jou
en vra jou: Sal jy vir altyd kan onthou?

Ek staan in die reën vir jou
Elke woord en noot en melodie
moet jy weet gaan net oor jou
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Ewald Coleske, Joe Foster

Componist: Ewald Coleske, Joe Foster

Publisher: Recycle Records

Details:

Uitgegeven in: 2015

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Hartklank (2015)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden