Jay en Lianie

Lianie May & Jay (ZA) & Jay en Lianie - Ons Trek Londen Toe songtekst

Je score:

Daar is ’n eiland, ’n koue eiland
Waar geen Afrikaner wil bly
En op daai eiland, daai Kakie eiland
Moet geen Engelsman vir my kyk

Dis net die Bokke, die goue Bokke
Wat my op daai eiland sal kry
Want hulle kos is so vaal soos die mense
Ek verkies springbok, potjies en pense

Ek trap moeilik oor my land se grense
Maar, o, hier gaan ons

Ons trek Londen toe met ’n mus en ’n kombers
Ons trek Londen toe om die Kakies te vererg
Ons trek Londen toe om die beker groen te verf
Want Bokke, ons staan agter jou
Ons trek Londen toe

Daar is ’n storie, ’n ware storie
Van ’n Boer wat in Londen wou bly
Maar na daai winter, daai eerste winter
Kon jy nie ’n woord uit hom kry

En twee jaar later, deur al die trane
Was hy by depressie verby
Want hy verlang na sy land en sy mense
Al eet hy net potjies en pense

Net vir die Bokke trap hy oor die grense
So, o, hier gaan ons

Ons trek Londen toe met ’n mus en ’n kombers
Ons trek Londen toe om die Kakies te vererg
Ons trek Londen toe om die beker groen te verf
Want Bokke, ons staan agter jou
Ons trek Londen toe

Ons trek Londen toe met ’n mus en ’n kombers
Ons trek Londen toe om die Kakies te vererg
Ons trek Londen toe om die beker groen te verf
Want Bokke, ons staan agter jou
Ons trek Londen toe

Ons trek Londen toe met ’n mus en ’n kombers
Ons trek Londen toe om die Kakies te vererg
Ons trek Londen toe om die beker groen te verf
Want Bokke, ons staan agter jou
Ons trek Londen toe

Want Bokke, ons staan agter jou
Ons trek Londen toe
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Coleske Artists

Details:

Uitgegeven in: 2016

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Vir Liefde (2016)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden