Jak de Priester
Jak de Priester - Reis na gister songtekst
Je score:
Ek staan vandag hier, voor die huis van my jeug My klein stukkie aarde, as kind Maar die huis is gesloop, daar is niks van die oor nie behalwe die boom wat my pa nog geplant het Ek loop vandag weer op my spore van gister Om te sien waar dit alles begin Maar daar was ‘n lewe, soveel jare gelede, is nou net ‘n boom in die son Ek reis na gister om my drome te gaan soek, wat ek gedroom het langs die pad en geskryf het in my boek. En ek staan weer voor my kamer, daar is niks meer van dit oor en ek hoor my ma se stem is dit die angels wat ek hoor? Ek onthou nog vir Buksie, was my hond en my vriend Hy’t my oral gevolg waar ek gaan En die treinspoor se treine het my drome geword, Ek wil inklim en iewers heen gaan Die winters was ysig, as ons skool toe moes loop Ons het wasem geblaas, dit het gelyk of ons rook En na skool oppad huis toe het ons klippies gegooi langs die treinspoor, vir elkeen ‘n droom Ek reis na gister om my drome te gaan soek, wat ek gedroom het langs die pad en geskryf het in my boek. En ek staan weer voor my kamer, daar is niks meer van dit oor en ek hoor my ma se stem is dit die angels wat ek hoor? En die tyd staan skielik stil Ek mis my ma se kos Ek staan weer voor ons huis Ek sal my hart weer hier moet los Ek reis na gister om my drome te gaan soek, wat ek gedroom het langs die pad en geskryf het in my boek. En ek staan weer voor my kamer, daar is niks meer van dit oor en ek hoor my ma se stem is dit die angels wat ek hoor?