Illana May

Illana May - Amper songtekst

Je score:

(Hierdie een is van my pa. Sy naam is Steve. Al ken julle díe ou. Shame! Kom ons draai!)

As jy eendag miskien
In 'n droom oor ons weer sien
Hoe ver 'n mens kan travel op 'n mieliedors masjien
Deur die beeskraal en sy kallers,
By die hooimied jou te vra
Is ek amper in jou drome
Want jy's rêrig in my hart
Is ek amper in jou drome
Want jy's rêrig in my hart

As jy eendag miskien
in 'n droom oor ons weer sien
hoe ver 'n girl kan travel
so met 'n skaam elektrisieën

Ek sou jou lig maak op jou paaie
En 'n kers wees vir jou kaart

Was jy amper in my drome
Maar rêrig in my hart
Was jy amper in my drome,
Maar rêrig in my hart

As jy eendag my vra
Hoe't ek my van my lewe gedra
Toe jy my kom vertel het
Van 'n beter man se plaas

Sou ek jou sê jy't als gemis
Toe ek my rug wegdraai
Daar was trane in my oë
Omtrent 'n liter en 'n kwart

Ek was amper in jou drome
Jy was rêrig in my hart

Daar was trane in my oë
Omtrent 'n liter en 'n kwart

Ek was amper in jou drome
Jy was rêrig in my hart.

(Dit was amper o.k.)
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Steve Hofmeyr

Componist: Steve Hofmeyr

Publisher: ?

Details:

Taal: Afrikaans

Cover van: Steve Hofmeyr - Amper (2007)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden