Elvis Blue

Elvis Blue - Toe ons jonk was songtekst

Je score:
Toe ons jonk was kon ons eet net wat ons wou
Ons kon speel en ons kon `n lang pouse hou
Ons was fine daarmee om net hande vas te hou
En ons ouers was die mooiste man en vrou
Toe ons jonk was

Toe ons jonk was het ons nie geweet van hartbreek nie
Ons drome was groot en ons was nie bang nie
Toe ons jonk was was ons ouers nog bymekaar
Oupas, oumas het geleef en niks was te swaar
Toe ons jonk was

Oh, en ons tyd hier is altyd te min
Ons is almal nou groot, maar ons het klein begin

Al gaan die jare verby
Kom wees weer jonk, saam met my
Al gaan die jare verby
Kom wees weer jonk saam met my

Toe ons jonk was het ons nog met ons bure gepraat
Daar was nie so `n ding soos kleur en ons het niemand gehaat
Toe ons jonk was het ons nog genoeg geld gehad
Ons harte was vol, ons was vir niemand kwaad
Toe ons jonk was
Oh, toe ons jonk was

Al gaan die jare verby
Kom wees weer jonk, saam met my
Al gaan die jare verby
Kom wees weer jonk saam met my

Toe ons jonk was kon ons glo dat God na ons kyk
Ons kon sien hoe Hy Sy arms na ons toe uitreik
Ons kon altyd met Hom praat, want Hy was naby
Ons het geweet dat Hy altyd by ons sal bly
Toe ons jonk was
Toe ons jonk was
Oh, toe ons jonk was

Oooh
Kom wees weer jonk, saam met my
Oooh
Kom wees weer jonk saam met my

Al gaan die jare verby
Kom wees weer jonk saam met my (4x)
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: ?

Details:

Uitgegeven in: 2013

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Afrikaans (2013)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden