Demi Lee Moore

Demi Lee Moore - Wie se hart breek jy vanaand songtekst

Je score:

Ek was dadelik gevang in die nette wat hy hang
Weggesteek in sy woorde en sy kyk
Hoe kon ek nie geweet het, te goed om waar te wees
Dat die duiwel net soos ’n engel lyk

En soos ek dieper val soek ek net vir ’n plek om vas te hou 
Daar het so baie al voor my dieselfde deurgegaan met jou

Sê my wie se hart breek jy vanaand
Het so maklik vir jou geval daai eerste aand
Maar die kyk in jou oë en die bloed wat op jou hande was
Hoop jy voel eendag wat ek deur is
Jy ook so seer is
Wie se hart breek jy vanaand?

Het die stories gehoor van die harte wat verloor
Is jou naam altyd eerste op die lys
En die een na die ander bly glo jy gaan verander
Weet nie joune is gemaak van ys

En soos sy dieper val sien ek hoe sy jou woorde almal glo
Jy het haar in jou kloue nog ’n bitter einde lê nou voor

Sê my wie se hart breek jy vanaand
Het so maklik vir jou geval daai eerste aand
Maar die kyk in jou oë en die bloed wat op jou hande was
Hoop jy voel eendag wat ek deur is
Jy ook so seer is
Wie se hart breek jy vanaand?

Het so maklik vir jou geval daai eerste aand
Maar die kyk in jou oë en die bloed wat op jou hande was
Hoop jy voel eendag wat ek deur is
Jy ook so seer is
Wie se hart breek jy vanaand?
Vanaand ...

Wie se hart breek jy vanaand, vanaand, vanaand?
Wie se hart breek jy vanaand?

Sê my wie se hart breek jy vanaand?
Het so maklik vir jou geval daai eerste aand
Maar die kyk in jou oë en die bloed wat op jou hande was
Hoop jy voel eendag wat ek deur is
Jy ook so seer is

Wie se hart breek jy vanaand?
Het so maklik vir jou geval daai eerste aand
Maar die kyk in jou oë en die bloed wat op jou hande was
Hoop jy voel eendag wat ek deur is
Jy ook so seer is
Wie se hart breek jy vanaand?
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Johan Oberholzer

Componist: Johan Oberholzer

Publisher: ?

Details:

Uitgegeven in: 2021

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Jy ken my naam (2021)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden