Christia Visser
Christia Visser - Stukkie vir stukkie songtekst
Je score:
Stukkie van my is vanaand nie meer met my, stukkie van my is by jou Stukkie vir stukkie maak my deurmekaar, stukkie vir stukkie onthou Hoor jy my woorde, sien jy my hart, stukkie vir stukkie het jy dit gevat? Voel jy my trane, leef jy my smart, stukkie vir stukkie apart Haal diep asem, asem uit Vou my arms stywer en stywer en stywer om my Nog een keer, in en uit Loop my trane druppel vir druppel vir druppel verby En dalk môre is als ok, maar vir nou Soek die stukkie van my nog na jou Asem in (maak gou, in, maak gou) Asem teen die pyn Asem in (maak gou, in, maak gou) Asem teen die pyn Stukkie van my het verdwaal in jou hande, stukkie van my het vergeet Stukkie vir stukkie brand jy al my lande, stukkie vir stukkie, ek weet Hoor jy die smeke, sien jy die hoop, stukkie vir stukkie het jy weggeloop Voel hoe ek bewe, raak aan my seer, stukkie vir stukkie nooit weer Haal diep asem, asem uit Voel my arms stywer en stywer en stywer om my Nog een keer, in en uit Loop my trane druppel vir druppel vir druppel verby En dalk môre is als ok, maar vir nou Soek die stukkie van my nog na jou Asem in (maak gou, in, maak gou) Asem teen die pyn Asem in (maak gou, in, maak gou) Asem teen die pyn Stukkie van my is vanaand nie meer met my 'n Stukkie van my is vanaand nie meer met my