Buckfever Underground

Buckfever Underground - Augustus songtekst

Je score:

die stories wat ek langs die pad optel is kort en ek 
vergeet hulle maklik jokes val in by 'n oor uit by 'n 
mond word doodgedruk deur 'n sigaret en dan voete as 
iemand nou weer eenkeer vir my vra waarom ek karre tel 
gaan ek my humeur verloor daar's baie te leer in 
migrasie die wisselende klimaat die swak geriewe die 
kwynende voorrade dis eintlik nie nodig om dit te noem 
nie want ons het almal dieselfde hande en soortgelyke 
honde eintlik is ek die laaste een om te praat ek frons 
daagliks 'n glimlag van afweermiddels ek ruik na sweet 
diep in die winter en ek wonder waar die eende vanjaar 
broei ek skryf alles neer en hoop dit vou op en vlieg 
maar ek bly net honger en afgetrokke my broer skiet 'n 
ribbokooi in die winter en later 'n duiker en beide is 
dragtig daar's fout met die weer die wolke dryf 
verkeerd die diere lam te vroeg augustus is warmer as 
vantevore en steeds wag ek dat iemand moet doodgaan 
miskien is dit my beurt daar's dan nog vyftien dae oor 
en my regterhand is kouer as gister iets jeuk in my rug 
en buite kwetter die verwarde vinke wanneer die kwik 
dertig raak hulle nou neste in die ongesonde hitte maar 
sit verwonderd twee dae later wanneer dit misre 'n die 
karre ry verkeerde kant toe en almal gaan op die 
sperstrepe verby vanoggend l daar 'n dooie spreeu in 
die pad sonder rede netjies en geslagloos op sy rug die 
mense hier doen inkopies en ek spandeer weer my ouers 
se geld die gras ryp dood ondanks die hitte maar 
skadukolle is lowergroen van my badkamerwater daar's 
ongemaklike stiltes waar wind moet wees straatligte wat 
nie werk nie en snags kry ek nie my rug reguit in die 
bed nie as dit so aangaan gaan die somer vroeg en nat 
kom in donderstorms en vloede en lank daarna sal dit 
warm wees en droog en hoog en wit vir 'n nuwe bergreeks 
en vlakte die sondagsrivier meander met geleende water 
tot by die see en dan stadig teen die opdraand waarteen 
motors afry en ek pitte in die emmer gooi en karre tel 
die seisoene swaai onbeheersd soos gekneusde vrugte aan 
'n tou orals vrot biltong en dro wors agter gaas terwyl 
vure met nat hout gestook word ek neem foto's van 
bergpieke maar dit bly deinserig en vaal en ver die 
plaaswerkers werk vinniger en ons kyk gedurig in die 
lug op ons knink instemmende vir mekaar en tel die 
bokke drie keer om seker te maak ons honde l om die 
huis rond die een oud en gek en blind die ander 'n lae 
IK labrador vir ure sit ek in die sonkamer en kyk hoe 
die son vuil kolle op die venster uitwys ek's op my 
gelukkigste hier maar vanjaar klop alles nie hoe langer 
ek tik hoe kouer word my vingers wanneer ek die tv 
aansit lag ek vir die nuus daar's geen rede om karre te 
tel nie maar dit verskaf vertroosting van mense wat op 
pad is dis beter om net te sit en pitte in die emmer te 
gooi as die jaartye verder handuitruk begin dit dalk 
groei op 'n sondag wie weet daar's nog vyftien dae oor 
in augustus god weet
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: ?

Details:

Taal: Afrikaans

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden