Bok Van Blerk

Bok Van Blerk & Steve Hofmeyr - Pa En Seun songtekst

Je score:

Over deze songtekst:

Daai liedjie is vanaf die klankbaan Platteland. This song is from the soundtrack Platteland.

http://www.plattelanddiemovie.com/

Ek staan hier alleen langs jou graf
En ek wens so graag jy was nog hier
Dat ons net kon praat, en ons trots kon laat vaar
En ek net jou pa kon wees.

Net die beste wil ek vir jou hê
Maar daai woorde was nooit net gesê
En hier waar jy lê my seun weet ek nie
Tyd was te min om oor te begin.

Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun
In jou het ek lewe gevind
Ek het jou lief jy's my kind
Jy's my kind.

Sê my, hoe word 'n pa so alleen?
Dit voel soos my enigste seun
Die Here het jou my geleen.

Jou woorde draai steeds in my kop
Daar is soveel wat 'n pa nog wou vra
Maar eendag moes jy ook 'n pa word my kind
En dan sou jy alles verstaan.

Soos 'n pa wat sy lewe sou gee
Met sy trane wat die see weg sou vee
Maar hier waar jy lê my seun
Weet ek die tyd was te min
En niks maak meer sin.

Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun
In jou het ek lewe gevind
Ek het jou lief, jy's my kind
Jy's my kind.

Sê my, hoe word 'n pa so alleen?
Dit voel soos my enigste seun
Die Here het jou my geleen.

Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun
In jou het ek lewe gevind
Ek het jou lief, jy is my kind
Jy's my kind.

Sê my, hoe word 'n pa so alleen?
Dit voel soos my enigste seun
Die Here het jou my geleen.

Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun?
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Bok Van Blerk

Componist: Bok Van Blerk

Publisher: Mozi Records

Details:

Uitgegeven in: 2009

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Afrikanerhart (2009) , Haloda

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden