Bok Van Blerk
Bok Van Blerk - Die Kaplyn songtekst
Je score:
Tussen bosse en bome Tussen grense wag ons almal vir môre Maar op agtien was ons almal verlore Hoe kan ons verstaan? En wie weeg nou ons lewe? Want net God alleen weet waarvoor ons bewe Want op agtien wou ons almal net lewe Net een slag toe was jou lewe verby. Roep jy na my? Roep jy my terug na die kaplyn, my vriend? Deur die jare het die wêreld gedraai Toe ons jonk was hoe sou ons dit kon raai Soek jy na my? Soek jy my nou in die stof en jou bloed? Jy't gesê jy hoor hoe God naar jou roep Toe's dit als verby. Na al hierdie jare Ver verlore dryf ons rond in ons dade Net soldate leef met grense se skade Hoe kan ons verstaan? Want daai bos vreet ons spore In die donker bos was broeders gebore In die donker saam gebid vir ´n môre Net een slag toe was jou lewe verby. Roep jy na my? Roep jy my terug na die kaplyn, my vriend? Deur die jare het die wêreld gedraai Toe ons jonk was hoe sou ons dit kon raai? Waar is jy nou? Is jou naam dan op ons mure behou? Jy was nooit vereer en niemand gaan nou Oor jou lewe skryf en wat jy nog wou En by daai muur Staan ek vir ure Maar waar's jou naam nou, my vriend Kan hull nie verstaan? Jong soldate vergaan Sonder rede dra hulle die blaam. Roep jy na my? Roep jy my terug na die Kaplyn, my vriend? Deur die jare het die wêreld gedraai Toe ons jonk was hoe sou ons dit kon raai? Waar is jy nou? Is jou naam dan op ons mure behou? Jy was nooit vereer en niemand gaan nou Oor jou lewe skryf en wat jy nog wou En by daai mure Staan ek vir ure En by daai mure Staan ek vir ure.