Anton Goosen
Anton Goosen - Die Kaap Is Weer Hollands songtekst
Je score:
Die Kaap is weer Hollands, daar's 'n nuwe goewerneur Dis 1803 in die kasteel in ou Kaapstad En al langs die trappies loop Lady Ann Barnard Vanaand hou sy weer 'n bal in die kat Minuet in Allegretto almal uitgevat Die Kaap is weer Hollands en die koetswiele rol En flink draf die slawe om almal te verwelkom En die mans is so spog'rig, spierwit gepoeier Die dames praat Frans, al is dit ook krom Minuet in Allegretto en die strykkwartet kom Nou is die Kaap weer Hollands Dis die Bataafse vlag wat waai Nou is die Kaap weer Hollands Van Graaff-Reinet tot in Tafelbaai Die Kaap is weer Hollands van die binneland af kom hy, 'n Veer in sy hoed, voor die kasteel in ou Kaapstad Die burger se veldskoen flap-flap oor die trappies En hy stap reguit aan tot binne-in die kat Minuet in Allegretto almal uitgevat Die Kaap is weer Hollands en die burgers stap nader Dis 1803, hy stap nader en sien haar Met 'n swaai van sy hand is sy witkoppie nonna T'rug op sy perd en die langpad wag klaar Minuet in Allegretto in die vertes bedaar Nou is die Kaap weer Hollands Dis die Bataafse vlag wat waai Nou is die Kaap weer Hollands Van Graaff-Reinet tot in Tafelbaai (2x) Van Graaff-Reinet tot in Tafelbaai Minuet in Allegretto en sy landgoed wag daar