Anna Davel
Anna Davel - Laataandliedjie songtekst
Je score:
Net 'n laataandliedjie net 'n middernag besoek van al die spoke wat my rondjaag en verskyn as 'n liedjie in my boek Net 'n skeepvrag vol heimweë oor al die drome wat ek groet en al die skimme wat my vasdraai aan 'n ligtoring wat eindeloos bly soek So ek sing die song vir iemand wat verdwaal het en bly hoop en ek sing die song vir elkeen wat in die laataandstilte deur sy eie hart moet loop Net 'n pen en 'n deuntjie wat skryf en heelmaak op papier maar al die vrae wat hier rondlê kan net my eie oë verduur So ek skink nog 'n beker en ek drink, maar bly steeds dors en hierdie stilte word 'n nagmaal my hart breek die suiderkruis se kors So ek sing die song vir iemand wat verdwaal het en bly hoop en ek sing die song vir elkeen wat in die laataandstilte deur sy eie hart moet loop (2x) So ek maak my oë toe en vou my honger hande saam en vra dat eendag op 'n grou reëndag my woorde na die regte een sal gaan