Andriëtte Norman
Andriëtte Norman - Mag hy songtekst
Je score:
As die stiltes in die huis kon praat Sou ek my hart oopmaak En vertel hoe baie ek verlang Om saam met jou te lag Ons het saam gedroom oor môre Ons sou ons storie skryf, ons sou nog Maar die Here kom Hy pluk sy mooiste blomme eerste Koor: Mag hy Kaalvoet op die voorstoep met jou dans Mag hy Mag hy Saam met jou die see in hardloop Mag hy Namakwaland se blomme plant in jou tuin En mag jou naam geïnk wees op elke bladsy van sy dagboek Soos ek wou Die plan was om van nou af die wêreld uit te skuif Om plek te maak en net jou naam in my dagboek in te skryf Ons wou die wêreld gaan verken Ons sou mekaar weer vind Ons sou nog Maar die Here kom Hy pluk sy mooiste blomme eerste Koor