Almero

Almero - Monochromie songtekst

Je score:
Vind ek jou of vind jy my?
Is ons by mekaar verby?
Albei teen die wind baklei
Berge en dale het ons vermy
Berge en dale het ons vermy

My bors is leeg en jy verkleur my grys
Monochromie, is jy my nuwe tuis?
Het jy plek vir my?
Breek my eensaamheid

Die son het skaam vir jou geskuil
Die wind het deurmekaar gehuil
My huis is weg en jy verbleik
Stof en genade het ons ontduik
Stof en genade het ons ontduik

My bors is leeg en jy verkleur my grys
Monochromie, is jy my nuwe tuis?
Het jy plek vir my?
Breek my eensaamheid

Waar, waar is jy?
Vind vir my!
Het jy plek vir my?
Breek my eensaamheid

My bors is leeg en jy verkleur my grys
Monochromie, is jy my nuwe tuis?
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Kanada Records

Details:

Uitgegeven in: 2018

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Monochromie (2018)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden