Andriëtte Norman

Andriëtte Norman - My kind songtekst

Je score:
Jy’s gebore uit liefde
So maak seker dat liefde jou vind
Dat jy op sy hande gedra word
Geen vrae moet gevra word, my kind
Jy verdien net die beste
So maak seker dat beste jou vind
Vir ewig is ook net ’n woord wat jy sê as jy reg is vir dit

Koor:
As jy jou hart sou verloor
Verloor dit op iemand met ’n sagte hart
Verloor dit op iemand vir wie niks te veel is
Vir jou ’n sambreel is as stormreën kom
As jy jou hart sou verloor
Moet jy jou oë toe maak en net kan vertrou
Vir altyd in arms van liefde gevou
My kind, dis my wens vir jou

Jy’s gebore uit liefde
So maak seker dat liefde jou vind
Dat wanneer ons jou eendag weggee
Geen trane van hartseer, my kind
So as jy ooit eendag jou hart sou verloor 
Verloor dit op iemand met ’n sagte hart
Verloor dit op iemand vir wie niks te veel is
Vir jou ’n sambreel is as stormreën kom
As jy jou hart sou verloor
Moet jy jou oë toe maak en net kan vertrou
Vir altyd in arms van liefde gevou
My kind, dis my wens vir jou
Dis my wens vir jou

Sonder woorde moet jy by hom vrede kan vind
En sy wese jou siel kan verstaan
Hierdie liefde sal jou nooit kan breek nie, my kind
Uit ons harte kom die wens vandaan

Koor

Vir altyd in arms van liefde gevou
My kind, dis my wens vir jou
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Andriëtte Norman, Johan Oberholzer

Componist: Andriëtte Norman, Johan Oberholzer

Publisher: Select Musiek

Details:

Uitgegeven in: 2015

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Pêrel vir 'n kroon (2015)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden