Riana Nel

Riana Nel - Dik en dun songtekst

Je score:
Jy, wat die deure so toe klap, elke keer as jy weg stap
Jy weet jy maak nie reg
En ek, ek kan somtyds so stil raak as die dinge te veel raak
Ek weet ek maak nie reg
Maar ons verloor mekaar elke keer net voor jy weg stap
So dink bitter mooi voor jy praat

Kry my daar waar ons deur die dik en die dun by mekaar kom
En my hart weer ´n pad na jou hart deur die trane vind
Wys my waar die goed en die kwaad mekaar by die hand vat
En jou hart weer ´n pad na my hart deur die jare vind
Waar die liefde weer begin, deur die dik en dun

Jy, wat al my swakhede miskyk en my met niemand vergelyk
En dit maak alles reg
En ek, ek kan somtyds so twyfel, gelukkig het ons die Bybel
En dit maak alles reg
Want ons verstaan mekaar, want ons weet nou om te luister
Jy's bitter mooi as jy kwaad is

Kry my daar waar ons deur die dik en die dun by mekaar kom
En my hart weer ´n pad na jou hart deur die trane vind
Wys my waar die goed en die kwaad mekaar by die hand vat
En my hart weer ´n pad na jou hart deur die jare vind
Waar die liefde weer begin, deur die dik en dun

Haal diep asem al maak dit nou nie sin
Haal diep asem, vat my terug na die begin

Kry my daar waar ons deur die dik en die dun by mekaar kom
En my hart weer ´n pad na jou hart deur die trane vind
Wys my waar die goed en die kwaad mekaar by die hand vat
En my hart weer ´n pad na jou hart deur die jare vind
Waar die liefde weer begin, deur die dik en dun

Waar die liefde weer begin, deur die dik en dun
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Coleske Artists

Details:

Uitgegeven in: 2014

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Die Regte Tyd (2014)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden