Corlea Botha

Corlea Botha - As jy aan eendag glo songtekst

Je score:
Meeste ou drome bring heimwee
Vrae, verlange en seer
Die waaroms bly tog sonder antwoord
Wie weet wat môre gebeur?

As jy aan eendag glo
Nooit terug sal kyk
Kan selfs 'n vêrre droom na 'n nuwe een lyk
Gister se bloeisels val
Weggevoer deur die wind
As jy aan eendag glo
Sal die lente jou vind

As jy aan eendag glo
En dink aan nou
Bly daar 'n sê-nou-maar waaraan jy kan hou
Goed dat 'n mens nie weet
Oor wat voorlê moet raai
As jy aan eendag glo
Wag daar iets om die draai

Meeste ou drome bring heimwee
Vrae, verlange en seer
Die waaroms bly tog sonder antwoord
Maar dink net wat kan daar gebeur

As jy aan eendag glo
Bly drome waar
Dalk is jou mooiste dag
Net môre al daar
Al is jy nou alleen
Byt maar vas en vertrou
As jy aan eendag glo
Wag liefde vir jou

Gister se bloeisels val
Weggevoer deur die wind
As jy aan eendag glo
Sal die lente jou vind

Meeste ou drome bring heimwee
Vrae, verlange en seer
Die waaroms bly tog sonder antwoord
Maar dink net wat kan daar gebeur

As jy aan eendag glo
En dink aan nou
Bly daar 'n sê-nou-maar waaraan jy kan hou
Goed dat 'n mens nie weet
Oor wat voorlê moet raai
As jy aan eendag glo
Wag daar iets om die draai

As jy aan eendag glo
Wag daar iets om die draai
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: ?

Details:

Uitgegeven in: 2011

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Wie ek is (2011)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden