Tasché Burger

Tasché Burger
Hillbrow

Ou man sit by die straatkafee
En kyk al die mense loop heen-en-weer
Boemelaars raas by die Wimpy Bar
Fontana is oop tot laat in die aand
Kaalvoet kinders in die straat wys parkeerplek aan
En hou dan die hand, en hou dan die hand, hou oop die hand

En gee, gee, gee, gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou klere vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow

En ons sit in die son en drink wyn
Ons survive met ’n helse lot pyn in hierdie land
Survive met ’n helse lot pyn in hierdie land

Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef
Op die een wat kry wat hy vra

En gee, gee, gee, gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow

Musikuss

Toegevoegd door Musikuss op zo 15 sep, 2019 12:33 am

Auteur: Ralph John Rabie (Johannes Kerkorrel)
Componist: Ralph John Rabie (Johannes Kerkorrel)
Uitgever: ?
Uitgegeven in: 2019
Taal: Afrikaans
Gecovered van: Johannes Kerkorrel - Hillbrow

Reacties

CommonCrawl [Bot]

Volg Muzikum