Tarryn Lamb

Tarryn Lamb - Vier woorde songtekst

Je score:
Vier woorde
Jy kry en verloor dit
Ek’s lief vir jou
Jy’t gesê dis vir ewig
Maar waar is jy nou?

Sal eerder blind raak
As om julle saam te sien
Hoe jy haar hande vat in joune
En nie meer aan my dink nie
Dis net te veel vir my
Is dit nou heel verby?
Sal eerder blind raak

Sal eerder doof word
As wat ek hoor hoe julle sê
Dat jy vir ewig saam wil wees
En niemand anders reg was nie
Dis net te veel vir my
Is dit nou heel verby?
Sal eerder doof word

Vier woorde
Jy kry en verloor dit
Ek’s lief vir jou
Dis so maklik gesê
Maar ek wonder waar is dit nou
Vier woorde wat jy my belowe
Ek’s lief vir jou
Jy’t gesê dis vir ewig
Maar waar is jy nou?

Sal eerder stom raak
As wat ek dit vir jou moet sê
Hoe ek nog elke dag bly dink
Dat ons ’n lewe saam kon hê
Dis net te veel vir my
Is dit nou heel verby?
Sal eerder stom raak

Sal eerder lam word
As om weg te loop van jou
As wat ek opstaan in die oggend
En moet soek en roep na jou
Dis net te veel vir my
Is dit nou heel verby?
Is dit nou heel verby?

Vier woorde
Jy kry en verloor dit
Ek’s lief vir jou
Dis so maklik gesê
Maar ek wonder waar is dit nou
Vier woorde wat jy my belowe
Ek’s lief vir jou
Jy’t gesê dis vir ewig
Maar waar is jy nou?

Waar is jy nou?
Waar is jy nou?
Jy’t gesê dis vir ewig
Waar is jy nou?

Vier woorde
Jy kry en verloor dit
Ek’s lief vir jou
Dis so maklik gesê
Maar ek wonder waar is dit nou
Vier woorde wat jy my belowe
Ek’s lief vir jou
Jy’t gesê dis vir ewig
Maar waar is jy nou?

Jy’t gesê dis vir ewig
Maar waar is jy nou?
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Coleske Artists

Details:

Uitgegeven in: 2018

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Mal oor jou (2018)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden