Leslie Greeff

Leslie Greeff - Die brug op ons plaas songtekst

Je score:
Ek dink weer vanaand aan die brug op ons plaas
Gebou oor 'n heldere stroom
Want daar het my Lenie en ek vaak helaas
Van liefd' in die maanskyn gedroom
Dis daar wat ek haar het gevra en sy my
Gesê het dat ek haar kan kry
En skoon ver verwyder, my hart gaan terug
Na die plek op ons plaas by die brug

Koor:
Ek hoor nog die stroom se geluid
Ja,'k hoor nog die voëltjies fluit
En skoon ver verwyder my hart gaan terug
Na die plek op ons plaas by die brug

Hoe dikwels het ons twee nie daarop gestaan
En blomme gepluk by die brug
Hoe dikwels het ons nie die paadjie gegaan
Om daar saam te lag of te sug?
Maar toe moes ons skei, ons moes weg van mekaar
En liefd' en beloftes laat vaar
O dat ek een uur, net een uurtjie terug
Weer kon vlug na die plek by die brug

Koor
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Petrus Imker Hoogenhout

Componist: ?

Publisher: ?

Details:

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Onthou jy nog?

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden