Arno Jordaan

Arno Jordaan - Richterskaal songtekst

Je score:
Jy’s ’n twaalf op my hart se richterskaal
En my hele hart bewe
Met jou in my lewe
So kom ons ruk ’n bietjie hart uit

Daar is ’n brisie in die lug
’n Ligte tinkel in my rug
Dit laat my voel of ek moet vlug
Maar ek hardloop net weer terug na jou

Ek is so klein ’n bietjie bang
Voel of ’n storm bo my hang
Maar dit is buite my beheer
En daar is niks wat dit kan onder nou

En as die aarde begin skud en skuif
Dan voel ek dinge oral in my lyf
Maar dis daai lekker tipe seer
Wat nie wil stop nie al probeer ek hoe

Jy’s ’n twaalf op my hart se richterskaal
En my hele hart bewe
En hy ruk wanneer ek jou sien
Jy’s ’n elf wanneer ek mooi uit tien uit tel
En my hele hart bewe met jou in my lewe
So kom ons ruk ’n bietjie hart uit

Ek het nou baie hard geval
Al die beweging maak my mal
En as ek opstaan elke keer
Dan val ek maar net weer vir jou

Maar ek begin nou by jou leer
Hoe om myself te balanseer
Maar dis so lekker om te lê
Soos ek jou hier langs my het nou

En as die aarde begin skud en skuif
Dan voel ek dinge oral in my lyf
Maar dis daai lekker tipe seer
Wat nie wil stop nie al probeer ek hoe

Jy’s ’n twaalf op my hart se richterskaal
En my hele hart bewe
En hy ruk wanneer ek jou sien
Jy’s ’n elf wanneer ek mooi uit tien uit tel
En my hele hart bewe met jou in my lewe
So kom ons ruk ’n bietjie hart uit

As jy [...?...] begelei
En my voete onder my uitgly
Weet ek dadelik jy’s by my
Maar dis daai lekker tipe seer
Wat nie wil stop nie al probeer ek hoe

Jy’s ’n twaalf op my hart se richterskaal
En my hele hart bewe
En hy ruk wanneer ek jou sien
Jy’s ’n elf wanneer ek mooi uit tien uit tel
En my hele hart bewe met jou in my lewe
So kom ons ruk ’n bietjie hart uit
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Coleske Artists

Details:

Uitgegeven in: 2014

Taal: Afrikaans

Gecovered door: Mark Bouwers (0Nederlands)

Komt voor op: As jy hier is (2014)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden