Liefling (rolprent)

Sonja Herholdt & Lika Berning & Liefling (rolprent) - Mamma, ek wil 'n man hê songtekst

Je score:
Mamma, ek wil 'n man hê!
Wat se man, my liewe kind?
Wil jy dan 'n Fransman hê?
Nee, mamma, nee!

'n Franse man die wil ek nie
Want „parlezvous“ verstaan ek nie
Dit is my plesier
Met die boerjongkêrels hier

Mamma, ek wil 'n man hê!
Wat se man, my liewe kind?
Wil jy dan 'n Hollander hê?
Oh nee, mamma, nee!

'n Hollander die wil ek nie
Want klompe dra, dit sal ek nie
Dit is my plesier
Met die boerjongkêrels hier

Mamma, ek wil 'n man hê!
Wat 'n man, my liewe kind?
Wil jy dan 'n Duitser hê?
Nee, mamma, nee!

'n Duitse man die wil ek nie
Want „Schweinefleisch“ dit lus ek nie
Dit is my plesier
Met die boerjongkêrels hier

Mamma, ek wil 'n man hê
Wat 'n man, my liewe kind?

Wil jy dan 'n boerseun hê?
Ja, mamma, ja!

'n Boereman die wil ek hê
In 'n boer se arms wil ek lê
Dit is my plesier
Met die boerjongkêrels hier

Dit is my plesier
Met die boerjongkêrels hier
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: ?

Details:

Uitgegeven in: 2010

Taal: Afrikaans

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden