Anna Davel

Anna Davel - Laataandliedjie songtekst

Je score:
Net 'n laataandliedjie 
net 'n middernag besoek 
van al die spoke wat my rondjaag 
en verskyn as 'n liedjie in my boek 

Net 'n skeepvrag vol heimweë
oor al die drome wat ek groet
en al die skimme wat my vasdraai
aan 'n ligtoring wat eindeloos bly soek
 
So ek sing die song vir iemand
wat verdwaal het en bly hoop
en ek sing die song vir elkeen
wat in die laataandstilte deur sy eie hart moet loop
 
Net 'n pen en 'n deuntjie
wat skryf en heelmaak op papier
maar al die vrae wat hier rondlê
kan net my eie oë verduur
 
So ek skink nog 'n beker
en ek drink, maar bly steeds dors
en hierdie stilte word 'n nagmaal
my hart breek die suiderkruis se kors

So ek sing die song vir iemand
wat verdwaal het en bly hoop
en ek sing die song vir elkeen
wat in die laataandstilte deur sy eie hart moet loop (2x)

So ek maak my oë toe
en vou my honger hande saam
en vra dat eendag op 'n grou reëndag
my woorde na die regte een sal gaan
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Select Music Distribution

Details:

Uitgegeven in: 2005

Taal: Afrikaans

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden