Vaughan Gardiner

Vaughan Gardiner
As ek voor jou breek

Van die SA musiekrolprent Platteland
http://www.plattelanddiemovie.com/

Ek kyk nog steeds vir jou.
Jy't my gelos sonder berou.
Die mense staar my aan.
Wat almal weet 'n man mag moes nie huil nie.
En ek staan alleen.
En om my bou die wolke sy reën.

En as ek voor jou breek.
Was dit als die moeite werd want ek sou alles gee, vir jou, vir jou.
Maar vir nou, stap jy soos 'n vreemdeling verby.
Stap daar iemand anders aan jou sy.
En kyk jy reg deur my.
As ek voor jou breek.

Hoe kon jy so gou vergeet het.
Van die drome wat vir jou en my bedoel was.
En miskien kon jy laat weet het.
As my trane loop soos reën af teen die ruite.
Want ek staan alleen ...
En om my bou die wolke sy reën.

En as ek voor jou breek.
Was dit als die moeite werd want ek sou alles gee, vir jou, vir jou.
Maar vir nou, stap jy soos 'n vreemdeling verby.
Stap daar iemand anders aan jou sy.
En kyk jy reg deur my.
As ek voor jou breek.

As ek voor jou breek.

Musikuss

Toegevoegd door Musikuss op di 25 feb, 2014 6:51 pm

Auteur: ?
Componist: ?
Uitgever: ?
Uitgegeven in: 2011
Taal: Afrikaans
Beschikbaar op: Hoe wys ‘n man sy hart

Reacties

CommonCrawl [Bot]

Volg Muzikum