Stephan Visagie

Stephan Visagie - Kronkelpad songtekst

Je score:
Mis rol al weer van ou Kogelberg af
en gaan lê op Rooiels se stoep.
Dis 'n aand soos vanaand, wat ek jou loop en roep,
in my hartskamers na jou soek.

Die wind waai weer, die trane droog,
wat ou Hangklip in die motreën huil.
Daar's 'n plek hier in my hart waar die son altyd skyn,
'n plekkie vir jou en my.

Koor:
En ek hoor, ek hoor, ek hoor, ek hoor jou naam.
In die waai van die wind - 'n stille heimwee.
En ek weet jy sou nêrens anders wou wees nie.
Maar die lewe loop sy eie kronkelpad.

Die maan gooi alweer sy silwer kombers
oor die hoeke van Valsbaai neer.
Ek het bietjie gevat en baie gegee,
jy's hier weg met my hele hart.

Koor:
En ek hoor, ek hoor, ek hoor, ek hoor jou naam.
In die waai van die wind - 'n stille heimwee.
En ek weet jy sou nêrens anders wou wees nie.
Maar die lewe loop sy eie kronkelpad.

En nou staan ek hier alleen,
by die kruispad van die groot onthou.
Net 'n naam afgeëets in my drome,
sal ek hier bly staan nes al my gisters.

Koor:
En ek hoor, ek hoor, ek hoor, ek hoor jou naam.
In die waai van die wind 'n stille heimwee.
En ek weet jy sou nêrens anders wou wees nie.
Maar die lewe loop sy eie kronkelpad.

Ja, die lewe loop sy eie kronkelpad. (2x)
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Stephan Visagie

Componist: Stephan Visagie

Publisher: ?

Details:

Uitgegeven in: 2013

Taal: Afrikaans

Komt voor op: 4 Keeps (2013)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden