Jak de Priester

Jak de Priester - Reis na gister songtekst

Je score:
Ek staan vandag hier, voor die huis van my jeug
My klein stukkie aarde, as kind
Maar die huis is gesloop, daar is niks van die oor nie behalwe die boom wat my pa nog geplant het
Ek loop vandag weer op my spore van gister
Om te sien waar dit alles begin
Maar daar was ‘n lewe, soveel jare gelede, is nou net ‘n boom in die son
Ek reis na gister om my drome te gaan soek, wat ek gedroom het langs die pad en geskryf het in my boek. En ek staan weer voor my kamer, daar is niks meer van dit oor en ek hoor my ma se stem is dit die angels wat ek hoor? 
Ek onthou nog vir Buksie, was my hond en my vriend
Hy’t my oral gevolg waar ek gaan
En die treinspoor se treine het my drome geword,
Ek wil inklim en iewers heen gaan
Die winters was ysig, as ons skool toe moes loop
Ons het wasem geblaas, dit het gelyk of ons rook
En na skool oppad huis toe het ons klippies gegooi langs die treinspoor, vir elkeen ‘n droom
Ek reis na gister om my drome te gaan soek, wat ek gedroom het langs die pad en geskryf het in my boek. En ek staan weer voor my kamer, daar is niks meer van dit oor en ek hoor my ma se stem is dit die angels wat ek hoor? 
En die tyd staan skielik stil
Ek mis my ma se kos
Ek staan weer voor ons huis
Ek sal my hart weer hier moet los
Ek reis na gister om my drome te gaan soek, wat ek gedroom het langs die pad en geskryf het in my boek. En ek staan weer voor my kamer, daar is niks meer van dit oor en ek hoor my ma se stem is dit die angels wat ek hoor?
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Coleske Artists

Details:

Uitgegeven in: 2015

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Ek reis na gister (2015) , 16 Briewe aan my baby

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden