Bles Bridges

Bles Bridges - Reik na die sterre songtekst

Je score:
Ek sien `n ster, dit is so ver, 
nooit sal ek ooit daaraan kan raak nie.
Dit is so hoog, die hemelse bo, 
ek sal dit nooit tot daar kan maak nie.

Ek moet probeer, 
nog net een keer, 
dan sal ek eers vir seker weet
of ek tot hoog daarbo kan kom.

En dan verby tot by die son,
waar ek elke dag
tot laat in die nag
vir liefde wag.

Ek reik na die sterre, 
niks is ooit vir my te ver nie.
Liefde in my lewe,
laat my ook op vlerke swewe.

Iets om na te strewe, 
want dit is my hele lewe.
Ek wil aan jou vertel, 
maar ek dink tog jy weet dit wel.
Jy is my lewe.

`n Arend se vlug, hoog in die lug,
niemand kom by waar hy gaan sit nie.
Hy is nie bang, want niks kan hom vang,
niks kan tog beter as dit wees nie.

Nou dat ek weet, sal ek nooit vergeet,
dat ek moet lewe en laat lewe.
Dat liefde nooit weer sal vergaan,
dat dit vir ewig sal bestaan.
Dat dit van my `n deel sal kan bly, 
my hele lewe.

Ek reik na die sterre, 
niks is ooit vir my te ver nie.
Liefde in my lewe,
laat my ook op vlerke swewe.

Iets om na te strewe,
want dit is my hele lewe.
Ek wil aan jou vertel, 
maar ek dink tog jy weet dit wel.
Jy is my lewe.

Ek reik na die sterre, 
niks is ooit vir my te ver nie.
Liefde in my lewe, 
laat my ook op vlerke swewe.

Iets om na te strewe, 
want dit is my hele lewe.
Ek wil aan jou vertel, 
maar ek dink tog jy weet dit wel.
Jy is my lewe.
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Sony Music, Select Musiek

Details:

Uitgegeven in: 1987

Taal: Afrikaans

Gecovered door: Willem Botha (2014)

Komt voor op: Net vir jou (se grootste treffers) - CD2/3 , Dankie Vir Alles (2015)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden