Andriëtte Norman

As die stiltes in die huis kon praat
Sou ek my hart oopmaak
En vertel hoe baie ek verlang
Om saam met jou te lag
Ons het saam gedroom oor môre
Ons sou ons storie skryf, ons sou nog
Maar die Here kom
Hy pluk sy mooiste blomme eerste

Koor:
Mag hy
Kaalvoet op die voorstoep met jou dans
Mag hy
Mag hy
Saam met jou die see in hardloop
Mag hy
Namakwaland se blomme plant in jou tuin
En mag jou naam geïnk wees op elke bladsy van sy dagboek
Soos ek wou

Die plan was om van nou af die wêreld uit te skuif
Om plek te maak en net jou naam in my dagboek in te skryf
Ons wou die wêreld gaan verken
Ons sou mekaar weer vind
Ons sou nog
Maar die Here kom
Hy pluk sy mooiste blomme eerste

Koor

Musikuss

Toegevoegd door Musikuss op za 19 dec, 2015 3:30 pm

Auteur: Andriëtte Norman, Don Kelly, Adolf Vorster
Componist: Andriëtte Norman, Don Kelly, Adolf Vorster
Uitgever: Select Musiek
Uitgegeven in: 2015
Taal: Afrikaans
Beschikbaar op: Pêrel vir 'n kroon (2015)

Reacties

CommonCrawl [Bot]

Volg Muzikum