Die rivier in jou oë is blouer as blou en ek glo
Dat ´n deel van my lewe in jou
In jou toegevou waar net ek en jy kan gaan
As die golwe teen my rotse slaan
Weet ek dat jy langs my staan vir altyd
Sewe oseane se trane sal my nie van jou hart se liefdesriviere kan skei
Waar my hart se branders breek
Is die een wie weet wie ek is
Sewe oseane se water is min teen die eindelose see waar ons liefde begin
En ewig groei
Jy 's die oseaan waarin my liefde vloei
Die gety in my siel
Water val op 'n wiel draai en draai
In die heel diepste deel van my hart
Oh, jy ken die pad wat onder my voete lê
As die goue sand sy duine ween kan ek by jou water leen vir altyd
Sewe oseane se trane sal my nie van jou hart se liefdesriviere kan skei
Waar my hart se branders breek
Is die een wie weet wie ek is
Sewe oseane se water is min teen die eindelose see waar ons liefde begin
En ewig groei
Jy 's die oseaan waarin my liefde vloei
Sewe oseane se trane sal my nie van jou hart se liefdesriviere kan skei
Waar my hart se branders breek
Is die een wie weet wie ek is
Sewe oseane se water is min teen die eindelose see waar ons liefde begin
En ewig groei
Jy 's die oseaan waarin my liefde vloei
En ewig groei
Jy 's die oseaan waarin my liefde vloei
Toegevoegd door Musikuss op zo 13 dec, 2015 12:35 am