Die Melktert Kommissie

Die Melktert Kommissie - Tussen Blaaie songtekst

Je score:
-verse

daar,
waar als stil was,
dans ek alleen en kaal
en fluister ek woorde
in my emosietaal
in die hoeke van jou trouring
kruip ek weg
opsoek na nuwe drome
en ‘n nuwe blyplek


-chorus

tussen blaaie van ‘n woerdeboek
het ek verdwaal
en soek ek jou angstig
in ‘n lettergreep verhaal
want tussen die blaaie van ‘n woordeboek
het ek bly lê
en lees ek tussen lyne
omdat ek jou so graag wou hê


-verse

op die langpad terug
koop ek vir my ‘n kruis
nie van houd nie
maar van been
om my te troos
as jy daar is
en ek alleen
en jy sê ek sit vierkantig in jou hart
en jy sal altyd liefbly vir my soos asemhaal


-chorus


-verse

toe die lug weer,
ruik na see
sing ek net vir jou
waar steenbokke eens ontmoet het
was jy deur my tienerdrome omvou en ons swem in ons eie trane
en baljaar in ons eie seer
en lag saam oor hoe maklik
dit sou wees om in te gee


-chorus

tussen blaaie van ‘n woordeboek
moes ek vergeet
omdat die realiteit
al die liefde sou uitvee
uit die blaaie van ‘n woordeboek
moes ek opstaan
omdat duisende sinne
nie een van ons vrae kon verklaar
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Bowline

Details:

Uitgegeven in: 2006

Taal: Nederlands

Komt voor op: Proudly South African , Wonderwoorde (2005)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden