Die Melktert Kommissie

Die Melktert Kommissie - Êrens in Afrikaans songtekst

Je score:
Anderkant die letters
En anderkant die lied
Het ek jou eens ontmoet
En feelings uitgegiet

Jy het my woorde uit die lug gepluk
En in 'n ry liefdevol en mooi rangskik

So kom speel saam met my poppekas
Kom ons skryf 'n dialoog
En maak ons daaraan vas               
En dan droom ons in

Suiwer Afrikaans
Die maan is ons straatlig
En die sterre ons kompas
Suiwer Afrikaans
Die wind is ons vlerke
En die liefde ons droom tas

En jy kom klop aan my deur
Aan my hart en my geheue
Opgedress in ons moedertaal
Met 'n box rooiwyn en 'n lang verhaal

Loop ons die langpad
En jy hou my hand styf vas
En ons sing in suiwer
In suiwer Afrikaans

So kom speel saam met my poppekas
Kom ons skryf 'n dialoog

En maak ons daaraan vas
En dan droom ons in

Suiwer Afrikaans
Die maan is ons straatlig
En die sterre ons kompas
Suiwer Afrikaans
Die wind is ons vlerke
En die liefde ons droom tas

Reën, alleen, te veel om te onthou
Reën, alleen, te ver van jou

Die wesde winde kom uit die kaap se kant
En bring jou warm woorde en ek begin verlang

Suiwer Afrikaans
Die maan is ons straatlig

En die sterre ons kompas
Suiwer Afrikaans
Die wind is ons vlerke
En die liefde ons droom tas
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Bowline

Details:

Uitgegeven in: 2006

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Proudly South African , Wonderwoorde (2005)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden