Die Melktert Kommissie

Die Melktert Kommissie - My Engel songtekst

Je score:
Jy stuur vir my mooi boodskappe
Saam met die wind
En ek sien jou glimlag daagliks
In elke verlore straatkind
En dan pos jy 'n reënwolk
Om saam met my te treur
In koeverte van verlange
En seëls gedruk in ink van seer

Want jy 's my engel
Kom kuier by my vanaand
My engel
Wat tussen 'n duisend liggies baljaar
Agter branders waar die son min skyn
En die mense altyd so jaag
My engel kom raak rustig
Hier langs my lyf vanaand

Ooh whoo hoo whoo hoo
Ooh whoo hoo whoo hoo

In jou ou voetspore
In jou ou land
Volg ek die kronkelpad
Van ons vriendskapsjare
En alles wat jy my geleer het
Al die woorde wat ons deel
Moes ek vasklou aan ‘n bondel liefde
Om die pyn mee weg te streel

Want jy 's my engel
Kom kuier by my vanaand
My engel
Wat tussen 'n duisend liggies baljaar
Agter branders waar die son min skyn
En die mense altyd so jaag
My engel kom raak rustig
Hier langs my lyf vanaand

Oor 'n bottomless koppie koffie
Moes ek my bottomless liefde
Aan jou verklaar
Met die woorde van 'n spyskaart
Moes ek vir jou vaartwel

Want jy's my engel
Kom kuier by my vanaand
My engel
Wat tussen 'n duisend liggies baljaar
Agter branders waar die son min skyn
En die mense altyd so jaag
My engel kom raak rustig
Hier langs my lyf vanaand

Ooh whoo hoo whoo hoo
Ooh whoo hoo whoo hoo
Ooh whoo hoo whoo hoo (whoo hoo)
Ooh whoo hoo whoo hoo

Want jy's my engel (engel)
Whoo hoo whoo hoo
Whoo hoo whoo hoo
Whoo hoo (whoo hoo)
Whoo hoo (hoo whoo hoo)
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: Bowline

Details:

Uitgegeven in: 2006

Taal: Afrikaans

Komt voor op: Proudly South African , Wonderwoorde (2005)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden