Theuns Jordaan

Theuns Jordaan - Hillbrow songtekst

Je score:
Ou man sit by die straatkafee
Kyk al die mense loop heen-en-weer
Boemelaars raas by die Wimpy Bar
Fontana is oop tot laat in die aand
kaalvoet kinders in die straat
wys parkeerplek aan
en hou dan die hand, en hou dan die hand
en hou oop die hand

O, en gee, gee, gee, gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou klere vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Gee jou hart vir Hillbrow

Uit Quartz Straat hoor ek ’n meisie my roep
Daar’s ’n Hare Krishna wat vra wat ek soek
"Ken jy vir Jesus?" Vra ’n man op die stoep,
tussen Hillbrow Records en Estoril Books
En dis lank na twaalfuur
En die Hillbrow toring stuur
sy sein in die nag, sy sein in die nag,
sy sein vir die junkies wat wag, o

En gee, gee, gee, gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Gee jou hart vir Hillbrow

En die ligte gaan aan in die Chelsea Hotel
Stemme en musiek klink in elke woonstel
Ons sit in die son en drink wyn
Ons survive met ’n helse lot pyn in hierdie land, ja
Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef
Op die een wat kry wat hy vra, ja

En gee, gee, gee, gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou klere vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow

En gee, gee, gee, gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou klere vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow

Ja, gee jou hart vir Hillbrow
Komaan, gee jou hart vir Hillbrow
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Ralph John Rabie (Johannes Kerkorrel)

Componist: Ralph John Rabie (Johannes Kerkorrel)

Publisher: EMI

Details:

Uitgegeven in: 2005

Taal: Afrikaans

Cover van: Johannes Kerkorrel - Hillbrow (1990)

Komt voor op: Grootste Treffers 2000 - 2007

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden