Jennifer Zamudio

Jennifer Zamudio - Neem My Op Vlerke songtekst

Je score:
Jy sien die wêreld deur kinders se oë.
Hoef nie aan ander se twyfels te glo.
Jy is 'n boodskap 'n wese wat woordloos verstaan.

Jy is die laggende boog wat bly swewe.
Hoop wat soos son in my polsslag bly lewe.
Op trappe van lug loop jy sag, jou asem 'n wolk.
Stil soos die nag.

Neem my op vlerke engel, ek wil soos jy.
Op duisend reënboë dans net soos jy.
Neem my op vlerke engel, laat my verstaan.
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan.

Vanuit die poorte van jou wolkkastele.
Kom jy en waak oor die mense se treë.
Gestuur met beloftes verby ruimte, en tyd.

Sien jy die sterre skyn oor al ons sorge.
Voel jy nie lus vir vandag en vir môre.
Jy is die kneg van die lewe, van strewe en rus.
Net soos jy is.

Neem my op vlerke engel, ek wil soos jy.
Op duisend reënboë dans net soos jy.
Neem my op vlerke engel, laat my verstaan.
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan.

Is ek alleen.
Dan hoef ek net te vra.
En jy sal kom.
Jou vreugdesboodskap dra.

Neem my op vlerke engel, ek wil soos jy.
Op duisend reënboë dans net soos jy.
Neem my op vlerke engel, laat my verstaan.
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan.

Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan.
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: ?

Componist: ?

Publisher: ?

Details:

Taal: Afrikaans

Cover van: Anneli van Rooyen

Komt voor op: Hart Se Loper (2005) , 'n Dekade Van Musiek

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden