Bok Van Blerk

Bok Van Blerk - So Waai Die Wind songtekst

Je score:
My oupa raak te oud vir al sy kwale
En hy raak ook soms beneuk, maar daar's 'n goeie man
En hy nader 86
En deur die lyne van sy oë
Deur die oorloë van verandering
Kan jy sien hy's nou gedaan
En sy oë word gou weer lig
En ek sien daar kom 'n storie
Van die jare toe ons mense vir beskerming gepleit het
Was 'n broederbond gebore
En hy sien my oë frons
Maar die vuur van al die jare
Loop steeds nog deur sy are.

En so waai die wind, my kind
En so waai die wind, ons blind
En so waai die wind, my kind, mos alles weg
Maar dis diep in jou gebore
Dat niks is ooit verlore.

En hy vra my deur die stories van hoe gaan dit nog op Maties
En of ons nog ons taal praat want hy weet dis uit ons boeke
En hy wens vir my 'n vrou toe
Wat die haat 'n bietjie stil kan maak
Want dit loop mos deur ons are
Word net sterker deur die jare.

En so waai die wind, my kind
En so waai die wind, ons blind
En so waai die wind, my kind, mos alles weg
Maar dis diep in jou gebore
Dat niks is ooit verlore.

En hy hoef dit nie te sê nie
Want dis in sy oë
'n Trots wat my laat skaam voel, 'n trots van bo.

En so waai die wind, my kind
En so waai die wind, ons blind
En so waai die wind, my kind, mos alles weg.

Maar dis diep in jou gebore
Dat niks is ooit verlore
Ja, dis diep in jou gebore
Dat niks is ooit verlore.
Vind dit lied op:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Auteur: Bok Van Blerk

Componist: Bok Van Blerk

Publisher: Mozi Records

Details:

Uitgegeven in: 2007

Taal: Afrikaans

Komt voor op: De la Rey (2006)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden