Chereé

Volledige naam: Chereé Strydom.

SA se COUNTRY GIRL Chereé is nou meer as ‘n dekade lank ‘n welbekende naam in die musiekbedryf.

Vandat sy 11 jaar oud was het Chereé haarself tuis gemaak in die SA musiekbedryf en daar is geen twyfel dat hierdie Kaapenaar hier is om te bly!

Sedert sy die Afrikaanse musiek mark in 2001 betree het, groei sy van krag tot krag! Hierdie talentvolle sangeres verskyn deesdae op verkskeie hoë profiel konserte en is ook te sien in van ons land se top publikasies.

Haar grootste sukses, nietemin, beskryf sy as heelwat meer persoonlik – en dit is haar huwelik met sangstêr Wynand Strydom en – veral, die geboortes van hulle twee dogters Taylor-Hope & Bella-Joy.

Chereé het teen die begin van 2011 vir die eerste keer mamma geword en teen die einde van 2012, het hulle nog ‘n dogtertjie ryker geword! “Om ma te wees is sekerlik die beste ding wat nog ooit met my gebeur het! Ek het deesdae net ‘n nuwe inspirasie vir die lewe”, sê die borrelende donkerkop Country sangeres.

Haar eersteling sorg vir inspirasie vir haar CD vrystelling “Lesse & Lullabies”, wat Chereé saam met haar langstaande vriend Tony Ridgway, self opgeneem en vervaardig het. Hierdie album bevat liedjies wat jou hartsnare sal roer! Die album word landswyd baie goed ondersteun en vind klank by verwagtende mammas tot oupas en oumas! Lesse & Lullabies is benoem vir ‘n Ghoema Toekenning 2013 vir beste country album en die Country Girl is baie trots hieroor!

Chereé spog met veskeie nominasies asook toekennings oor die afgelope jare. Hierdie erkennings sluit in SAMA nominasies vir beide haar country albums, “In My Drome” en “Country Girl”. Albei hierdie album is ook vereer met Vonk toekennings vir Beste Country Album. Daar was ook nog Radio IFM se Beste Vroulike Country Kunstenaar in 2008 sowel as die Beste nuweling in 2002, en Vrouekeur se Beste nuweling asook Album van die jaar in 2002.

Chereé se eerste Afrikaanse opname, “Dertig Dae In Die Somer”, is steeds ‘n treffer – ‘n uitbeelding van haar sensitiewe en romantiese kwaliteit as kunstenaar. Kunstenaar kan ons haar na regte noem, want nie alleen kan sy sing nie, maar sy is ook ‘n talentvolle musikant in eie reg. Sy speel graag kitaar en klavier.

Chereé bly en is steeds ‘n gewilde kunstenaar wat met ‘n sekere argeloosheid rigiede grense oorskry. Sy is vars, oorspronklik en steeds verrassend.

Haar musiek is ‘n spieëlbeeld van haar lewe –

SORGVRY, GELUKKIG en VEELSYDIG!

Bron:

http://cheree.co.za/meer-oor-cheree/

(20 nov 2014)

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden