Wynand Windpomp

Wynand Windpomp is die verhoognaam van Wynand Burger, 'n Afrikaanse sanger en musikant. Wynand se musiekloopbaan het in Stellenbosch begin waar hy in 'n orkes genaamd "Another 48 Hours" gespeel het. Hy trek later na Worcester waar hy die orkes "No Strings Attached" stig en later by die groep "Sequence" aansluit. Sy debuutalbum, Te Ladida, is in 2004 uitgereik.

In April 2010 is Burger by die KKNK van verkragting aangekla deur 'n sangeres nadat hy in die Tentedorp-kampeerterrein van die kunstefees slaapplek in haar tent gesoek het. Burger is aanvanklik op R 5000 se borgtog vrygelaat. Hy is later, na bykans 'n jaar, onskuldig bevind.

Deel je mening

Dit formulier wordt beschermd door reCAPTCHA en de Google Privacy Policy en Servicevoorwaarden zijn daarbij van toepassing.

0 Reacties gevonden